Mabote River Camp:

Sonop by dam Mabote, Sotho for "small strong river", is situated in the Southern Ravine of the farm, Groothoek, approximately 64km west from the town Potgietersrus. Mabote opened in1998 and is run by the Peens family. The camp is magnificently situated along the river and overlooks a vast rock face. Other areas of interest around the camp are for instance the very popular and breathtaking walking trails to the spectacular waterfalls. For our English guests, click on “Mabote Camp" on the toolbar for our accommodation information
Welkom aan ons Afrikaanse besoekers!
Sien in jou verbeelding die ideale vakansie - of wegbreekbestemming waar jou selfoon nie KAN lui nie, jy nie 'n kredietkaart kan gebruik nie, daar nie 'n winkel of kafee in sig is nie en daar geen elektrisiteit is nie! Die droombestemming vir jou ? Dis dan die Mabote Rivierkamp ! Die Mabote Rivierkamp is sowat tien jaar gelede op die familieplaas van die Peens familie geopen en is gebou in 'n kloof en op die wal van die Klein Sterkrivier op die plaas. Die Kamp word omring deur majestieuse sandsteenkranse van die bekende Waterberge. Benewens die ongerepte natuurskoon, bied Mabote aan sy gaste ook 'n eiesoortige rustigheid - en die geleendheid om net te kom stil word in die natuur. . . . Gaste kan kies uit enige van die volgende verblyf - tipes vir hul eie gerief : Die Hoofkamp Die Hoofkamp bestaan tans uit drie eenslaapkamer-hutte, elk met vier beddens toegerus. Die kamp beskik verder oor twee ten-volle-toegeruste kombuise met 'n gas-yskas en gasbrander in elk. In die hoof-sit/eetkamer is 'n gesellige kaggel waar ook vleis gebraai kan word, of selfs 'n potjie in die winter aanmekaargeslaan kan word! Hoewel elke hut sy eie braaikraal het, beskik die hoof-braaikraal ook oor 'n gasbrander waar gaste byvoorbeeld ontbyt of middagete kan voorberei. 'n Tweede kaggel is in die sosiale area ingebou. Hierdie area spog ook met 'n gerieflike dak vanwaar gaste die natuurskoon kan geniet. Warmwater-storte, spoeltoilette en netjiese wasbakke sorg vir 'n prag-ablusie-gerief wat elke dag gediens word. Mabote verskaf beddegoed en badhanddoeke, maar gaste word versoek om asb hul eie swemhanddoeke saam te bring. 
Hoofkamp Hut Hoofkamp Sit/Eetkamer Die Koko Chalet : Die Koko Chalet leen hom uitstekend tot 'n romantiese wegbreek-naweek en is sowat 80 meter stroomop van die Hoofkamp geleë. Gesinne is egter net so welkom om van hierdie spesiale gerief gebruik te maak. Twee en-suite slaapkamers sorg vir genoeg slaapplek vir 6 persone. ( Hoofslaapkamer met dubbelbed, en tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n stapelbedjie )'n Ten - volle toegeruste kombuis met gas-ys/vrieskas en gasbrander sorg vir die nodige geriewe vir kosmaak en 'n gesellige kaggel beloof heerlike kuieraande. Die toegeruste braaikraal buite die chalet is perfek vir braaivleisaande. Beddegoed en badhanddoeke word ook in hierdie geval deur ons voorsien maar gaste word weereens versoek om asb hul eie swemhanddoeke saam te bring. Die Koko Chalet word daagliks gediens.
Chalet Buite Chalet Kombuis Die Bergkamp Die Bergkamp is die ideale wegbreekplek vir kampeerders en 'n lushof vir natuurliefhebbers. Geen formele staanplekke is hier te bespeur nie ! Wat hierdie kamp van ander van sy soort onderskei, is egter die feit dat bome oopgesny is om woonwaens en tente te akkommodeer! Die ablusiegeriewe bied ondermeer twee warmwaterstorte en twee spoeltoilette. Geen beligting of hout word in die Bergkamp voorsien nie. 'n Ware paradys vir diegene wat werklik wil wegkom van die stadsgewoel en weer een wil word met die natuur ! Die dam is net 'n flinke stappie van die kamp af [ ong. 700 m ] Die Mabote Rivierkamp is 'n malariavrye gebied 
Bergkamp Braaikraal Bergkamp Ablusieblok Aktiwiteite : Die staproetes na twee asemrowende watervalle vereis redelike fiksheid en is seisoengebonde. Hierdie lieflike roetes loop deur natuurlike woudryke gebiede en die Dendrologiese Vereniging van Potgietersrus het die bome gemerk - 'n MOET vir natuurliefhebbers! Op die plaas is 'n dam vir kanoevaart ( met kanoe's beskikbaar ), of bloot vir plesierige samesyn of hengel ( vang en loslaat ) Sowat tien minute se stap vanaf die Hoofkamp is lieflike rivierpoele vir diegene wat meer avontuurlustig is en graag swem. Afhangende van die riviervlakke, is kinders egter ook welkom om voor die Hoofkamp en Koko Chalet te swem. ( Swem is noodwendig reënseisoen-gebonde en net toelaatbaar wanneer veilige watervlakke dit toelaat ) U is baie welkom om 'n boek/e oor voëls saam te bring, aangesien hier drie strata voëls te besigtig is - ons het egter voëllyste beskikbaar van al die voëls wat hier te sien is. 'n 4x4 - roete van sowat 20km is beskikbaar vir gaste wat belangstel. 'n Uitsleep kos R200.00 per voertuig en 'n kaart van die roete word voorsien. Die besigtigingsroete na die plato is sowat 20km lank en u kan die roete met gemak met 'n gewone bakkie aanpak 
4x4 Roete Swemgat Kanoes Waterval
Kamp Etsebet : Soos versoek deur ons gaste hier is Kamp Etsebet ! Self versorgende gaste kan hier in onverstoorde natuur die stilte van die Waterberge kom geniet. Oop gesnyde bome verskaf koelte vir tent of karavaan. Braai en kuier plek onder 'n massiewe boom Alle aktiwiteite van Mabote is tot hierdie gaste se beskikking Ongeveer 7 km. vanaf die dam Gaste bring hul eie water, hout en toilet geriewe [ water by Ontvangs beskikbaar ] Kamp Etsebet word nie gediens nie FOTOS SAL BINNEKORT BESKIKBAAR WEES
Hoe om by ons uit te kom : Vanaf Pretoria of Johannesburg: Neem die N1- Noord na Polokwane/Pietersburg. Ry deur die MIDDEL van Kranskop Tolhekke. Van hier af het u twee opsies : Opsie 1 : Gebruik die Alternatiewe roete na Polokwane [ afrit 289 ] deur af te draai op die Mookgaphong / Naboomspruit - pad. Draai 30 km. na Naboomspruit links af op die Sterkrivier pad en ry sowat 40 km. teerpad, en 6 km. grond pad [ ry asb stadig en versigtig op die grondpad ] Draai nou links by die Mabote hek. Van hier af ry u nog 5 km. aan tot by Ontvangs Opsie 2 : Bly op die N1- Noord - pad tot by die Nyl Plaza - gaan hier HEEL LINKS deur die tol hek en draai direk daarna links op die Potgietersrus/Mokopane pad.Ry vir sowat een kilometer aan tot by die T- aansluiting en draai dan weer linksop die R101pad. Sowat 6 km verder draai u regs op die Sterkrivierpad en ry sowat 40km teerpad, en 6km grondpad ( ry asb stadig en versigtig op die grondpad )Draai nou links by die Mabote - hek. Van hier af ry u nog 5 km. aan tot by Ontvangs. Kaart beskikbaar op die Engelse web-blad ( Mabote Camp } Indien u enigsins onseker is oor die aanwysings, of langs die pad verdwaal, is u welkom om ons te skakel 015-4530792 Algemeen : Troeteldiere ( met hul eie beddegoed ) is welkom Reëls ten opsigte van troeteldiere : Troeteldiere word nie op meubels toegelaat nie - bring asb hul eie bedjie, stoel of matras saam Bring asb troeteldiere se eie handdoeke saam om hul mee af te droog nadat hul geswem het Bring asb 'n "poopscoop" saam. ( Hoewel ons kampe elke dag gediens en skoongemaak word, word daar egter van ons troeteldiereienaars verwag om self agter hul troeteldiere skoon te maak en die nodige op te tel, en op te vee in die hutte, sowel as op die kampterrein self ) Groot of agressiewe honde moet ten alle tye aan leibande gehou word ander mense naby is, of wanneer die kampe gediens word. Neem asb ander gaste sonder troeteldiere in ag wanneer u met u diere gaan stap Baie belangrik : Die naaste winkels, motorhawens en soortgelyke geriewe is sowat 75km van Mabote Rivierkamp af geleë ( te Potgietersrus/Mokopane) . Onthou dus asb om selfs die kleinste noodsaaklikheid in te pak vir u gerief. Hout word gratis voorsien in die Hoofkamp en die Koko Chalet maar geen hout word voordien in die Bergkamp nie. Ys is teen R5.00 per sak/blok by Ontvangs beskikbaar Geen dagbesoekers word toegelaat nie JAMMER MAAR ONS BESKIK NIE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE GERIEWE NIE : Kredietkaartgeriewe Alkoholiese drankies Kafee Elektrisiteit Beperkte selfoonopvangs by die Bergkamp - geen selfoonopvangs by die Hoofkamp of Koko Chalet nie Aankomstye : Vanaf 14h00 Vertrektye : Onderhandelbaar. Alle gaste moet eers by Ontvangs aanmeld alvorens daar na die kampe gegaan word Let asb daarop dat Ontvangs tussen 13h00 - 14h00 gesluit is Kantoor ure : Maandag tot Vrydag: 08h00 tot 13h00 14h00 tot 18h00 Navrae : Esmè Telefoon : 015 - 4530792 Faks : 0866 944 745/6 e-pos : info@mabote.com |