Home       Mabote Camp       Enquiry Form       Contact       Search      
| Home |
 

Mabote River Camp:

Mabote, Sotho for "small strong river", is situated in the southern ravine of the farm, Groothoek, approx. 64km west of Potgietersrus. Mabote opened in1998 and is run by the Peens family, the camp is beautifully situated along the river and overlooks a vast rock face. Other areas of interest around the camp are: walking trails to stunning waterfalls ask about our accommodation, click on "River Camp" on the toolbar

Welkom aan ons Afrikaanse besoekers!

rooi_ivoor_hoofkamp_hut.jpg

swemgat_met_honde.jpg

waterval_met_swempoel.jpg

uitsig_oor_dam.jpg

Mabote Rivierkamp is in 1998 op die Peens familie plaas in 'n kloof en op die wal van die Klein Sterkrivier gebou. Pragtige sandsteen kranse van die Waterberge omring die area

Ons het drie tipes akkommodasie beskikbaar - elkeen uniek - en bied totale rustigheid en ongerepte natuur aan ons gaste

Hoofkamp : Ons Hoofkamp bestaan uit 3 een slaapkamer hutte met 4 beddens elk. Daar is 2 ten volle toegeruste kombuise met gas yskaste en gas branders.Die hoof eetkamer/sitkamer is toegerus met 'n kaggel wat ook gebruik kan word vir vleisie braai of potjie maak in die winter. Die hoof braaikraal is toegerus en het ook 'n gasbrander vir "brunch" - elke hut het egter sy eie toegerusde braaikraal vir ingeval daar twee groepe in die kamp is. Die tweede kaggel is in die sosiale area wat ook 'n dek het sodat ons gaste rustig die natuur kan geniet. Die ablusie fasiliteit het warm water storte,spoel toilette en wasbakke. Ons voorsien beddegoed en bad handdoeke, maar versoek dat ons gaste swem handdoeke bring. Ten volle gediens.

Koko Chalet : Die Koko Chalet is sowat 80 meter stroom op vanaf die Hoofkamp met natuurlike bos tussen in. Hierdie romantiese plekkie met sy kaggel en dek op die rivier is idiaal vir 'n wegbreek tydjie saam met geliefdes. Twee en-suite slaapkamers waar 2 - 6 gaste in kan slaap. Die 2de slaapkamer het 2 enkel beddens en 'n stapelbed. Die kombuis is ten volle toegerus met gas yskas/vrieskas en gas brander. Die kaggel kan gebruik word vir vleisie braai of net om snoesig te kuier en ontspan. 'n Toegeruste braaikraal buite is idiaal vir die somer. Ons voorsien beddegoed en bad handdoeke, maar versoek ons gaste om swem handdoeke te bring. Ten volle gediens.

Bergkamp : Die Bergkamp is 'n kampeer kamp en is aan die voet van die berg gebou met 'n braaikraal en ablusie fasiliteit. Dit is 'n lushof vir ware natuurliefhebbers. Daar is nie formele staanplekke afgemerk nie, maar bome is oop gesny om karavane en tente te akkommodeer. Die ablusie fasiliteit het warm water storte en spoel toilette en ons steek saans parafien lampies daar op. Ons voorsien nie hout of ander beligting in die Bergkamp nie.

Malaria vry area

Aktiwiteite :

Stap roetes na twee asemrowende watervalle toe [reën/seisoen gebonde] Redelike fiksheid word verys. Die roetes loop deur natuurlike bos en woud areas. Die bome op die roetes is deur Potgietersrus se Dendrologiese Vereniging vir ons gemerk - so bring die boom boeke saam.

'n Dam met kanoe's vir ontspanning, pret en plesier of visvang. [Vang en loslaat]

Pragtige rivierpoele vir swem - dit is sowat 10 minute se stap vanaf die Hoofkamp. Afhangende van die rivier vlakke kan kinders egter ook voor die Hoofkamp en Koko Chalet swem. Al die watervlakke is reën/ seisoen gebonde.

Hier is 3 strata voëls om te sien - alhoewel daar voël lyste beskikbaar is, kan u gerus u voël boeke en verkyker saam bring.

Die besigtigings roete na die plato is sowat 20km lank en kan deur 'n hoë voertuig gery word.

Algemeen :

Troeteldiere welkom - bring hul eie beddegoed.

Naaste petrol/diesel, winkels is Potgietersrus/Mokopane 75km

Hout word voorsien - behalwe in die Bergkamp. Beperkte ekstra hout beskikbaar. [ R15.00 p/sak ]

Ys by Ontvangs beskikbaar @ R5.00 p/sak

Jammer - ons het geen :

Krediet kaart fasiliteite

Alkoholiese drankies of kafee

Elektrisiteit

Beperkte selfoon opvangs by die Bergkamp - geen opvangs by die Hoofkamp of Koko Chalet

Aankoms vanaf 14h00 - vertrek tye onderhandelbaar. Alle gaste moet by Ontvangs aanmeld voordat hulle na die kampe gaan.

Kantoor ure 08h00 - 13h00 14h00 - 18h00 Maandag - Vrydag

Navrae : Esmè

Telefoon 015 - 4530792

Faks 0866944745

e-pos info@mabote.com

 

Print this page!   Email this page!